Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u 'n pasgemaakte bedrag wil skenk.
BANKBESONDERHEDE
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004
Gebruik asb jou #SkenkingJouVan as verwysing vir die betaling.
-

Redakteur:
Jaar:
Heilna du Plooy
2019
Die artikels en essays in hierdie bundel wil die komplekse menslikheid en veelsydige kunstenaarskap van P.G. du Plessis toelig. Du Plessis was benewens akademikus, dramaturg, koerantredakteur en romanskrywer ook ʼn bekende openbare figuur en televisiepersoonlikheid. Hy was nie ligtelik te peil nie; sy kwiksilwer intellek het telkens in gesprekke of sy werk verras. As skrywer was Du Plessis, soos karakters in sy werk, self ʼn siener, geboei deur dinge wat agter en onder die oppervlakkige verskyningsvorme lê.
P.G. du Plessis kon voor sy dood op 7 Junie 2017 die idee van die boek goedkeur en die onderhoud voer wat hier opgeneem is. Die versameling bevat benewens die uitgebreide inleiding en openhartige onderhoud, ook ʼn briefwisseling met sy jarelange vriendin Elize Botha. Verder is daar akademiese bydraes oor die dramas, romans en kortverhale, ʼn uiteensetting van Du Plessis se televisiewerk en ʼn uittreksel uit ʼn nuwe, onvoltooide manuskrip. Hierdie bundel huldig die skrywer en kan dien as vertrekpunt vir navorsing oor sy werk.
Inleiding
Heilna du Plooy
In gesprek met PG
Heilna du Plooy
ʼn Vriend anderkant die woord
Hans du Plessis
Kyk en sien in die dramas van P.G. du Plessis: Rekonstruksie van ʼn poëtika
Anthea van Jaarsveld & H.P. van Coller
Plaston: Werklikhede binne onwerklikhede
C.J. Reinecke
P.G. du Plessis en die Afrikaanse literêre bestel met verwysing na ʼn Seder val in Waterkloof
Karen de Wet
ʼn Seder val in Waterkloof van P.G. du Plessis: ʼn Verslag van ʼn literêre resepsie en produksiegeskiedenis
Karen de Wet
Elize Botha en P.G. du Plessis skryf aan mekaar
Elize Botha
Die humor in Koöperasiestories op Donderdag (P.G. du Plessis): ʼn Essay
Anna-Marie le Roux
"... En in die oggende voor my spieël skeer ek grafletsels uit die skuim": "Ons mond" (P.G. du Plessis) as outobiografiese verdigsel
Marlies Taljard
Fees van die ongenooides (P.G. du Plessis): ʼn Besinning oor historiese representasie
H.P. van Coller & Anthea van Jaarsveld
Foto's, leuen en kwesbaarheid in Fees van die ongenooides
Hein Viljoen
P.G. du Plessis se bydrae tot die televisiebedryf
Marida Swanepoel
Uittreksel uit die onvoltooide roman: Die bitter van olyf
P.G. du Plessis
Bibliografie van P.G. du Plessis
Register
Heilna du Plooy
Hans du Plessis
Anthea van Jaarsveld
H.P. van Coller
C.J. Reinecke
Karen de Wet
Elize Botha
Anna-Marie le Roux
Marlies Taljard
Hein Viljoen
Marida Swanepoel
P.G. du Plessis
Willie Burger
Tydskrif vir Geesteswetenskappe 59(4), 2019-12-12
Susan Cilliers
Beeld, 2019-06-11
Francois Bekker
Netwerk24
Janie Monsieur
Maroela Media, 2019-06-10
Willie Burger
Vrouekeur: Kies ʼn boek, 2019-08-24
Francois Smith
Netwerk 24, 2019-08-18

Welkom by die SA Akademie se nuwe webtuiste. Neem asseblief die vrymoedigheid om enige kommentaar of foute onder ons aandag te bring.
Kommentaar