Pieter Fourie is die afgelope 50 jaar ononderbroke bedrywig as dramaturg, regisseur, akteur, vervaardiger, toneelbestuurder en ook onlangs as digter. Sy dikwels moedswillige stem het Afrikaners deurgaans tot groter selfondersoek gepor. Hy het meer as 60 dramas geregisseer en is medestigter van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Fourie is meermale as teatermaker bekroon, die belangrikste hiervan in 2003 met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Hertzogprys vir drama. In 2006 het hy ʼn Fleur du Cap-prys ontvang en in 2010 die Afrikaans Onbeperk-prys vir sy lewensbydrae tot die teater. In 2011 het die Universiteit van die Vrystaat ʼn eredoktorsgraad in drama aan hom toegeken, en in 2016 het kykNET hom met ʼn Fiësta vir sy lewensbydrae tot die Afrikaanse woordkuns vereer.
In hierdie bundel kyk vriende en kollegas vanuit verskillende invalshoeke na Fourie se werk as dramaturg en teateradministrateur, sowel as digter, terwyl hy in ʼn outobiografiese hoofstuk self oor sy lewe vertel.
Voorwoord: Commendatio vir die Hertzogprys vir drama 2003
Daniel Hugo
Inleiding
Fanie Olivier
Die einste hy
Pieter Fourie
Die stormjare by Kruik
Nico Luwes
Tweeluik: Noordelike akkoorde en Kaapse draaie
Paul Boekkooi & Kerneels Breytenbach
Die Dobermann in die hoenderhok – Pieter Fourie en die Afrikaanse teatersisteem
Temple Hauptfleisch
Historiese reste in die werk van Pieter Fourie
Fransjohan Pretorius
Pieter Fourie se kinderdramas
Maritha Snyman
Metadramatiese elemente in Pieter Fourie se vierluik plaastragedies
Thys Human
Pieter Fourie se komiese werk
Annebelle Smit
Die siekrit van Pieter Fourie se Faan
Marisa Keuris
Post mortem rondom Post mortem
Nico Luwes
Kanonisering en herkanonisering – Die poësie van Pieter Fourie binne so ʼn konteks
Joan Hambidge
Commendatio vir die eredoktorsgraad in drama en teaterkuns
Nico Luwes
ʼn Bibliografiese oorsig
Burgert Senekal
Register