Johann de Lange is die enigste digter van die sogenaamde Tagtigers wat met die Hertzogprys bekroon is - in 2011 vir die bundel Die algebra van nood. Hy ontvang ook in 1983 die Ingrid Jonkerprys vir sy debuut Akwarelle van die dors en in 1990 die Rapportprys vir Wordende naak.
Op meesterlike wyse span hy taal in om verhelderend te dig oor gay-seksualiteit, maar wissel dit af met pragtige natuurgedigte en huldigingsverse vir geesgenote in die literatuur en kunste.
De Lange is ʼn veelkantige woordkunstenaar wat ook in ander genres sy vaardigheid en vakmanskap toon. Hy het twee kortverhaalbundels en ʼn dagboek op sy kerfstok. Voorts is hy bekend as bloemleser, redakteur, kritikus en vertaler. Sy vertaling van Allen Ginsberg se beroemde gedig Howl verskyn hier die eerste keer in boekvorm.
Die bydraes in die huldigingsbundel is uiteenlopend van aard maar getuig almal van vriendskap en groot waardering vir die wyse waarop hy met die woord omgaan vernuwend, openhartig en verrykend.
Johann de Lange 60: ʼn Huldiging is deel van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se reeks oor Hertzogpryswenners.
Voorwoord
Daniel Hugo
Johann de Lange (1959–)
Erika Terblanche
veel liefs
Antjie Krog
Die gesprek tussen digters: Woord en wederwoord versus wederwoord en woord
Joan Hambidge
Representasies van gay-kuberseks en digitale cruising in die poësie van Johann de Lange
Neil Cochrane en Tanja Botha
Literêre verwysings in Weerlig van die ongeloof
Daniel Hugo
Verspeelde foto: Portret van ʼn pêl
Christo van der Westhuizen
Johann de Lange se optredes as bloemleser in die Afrikaanse literatuursisteem
Bernard Odendaal
Die prosa van Johann de Lange
Francois Smith
The art of failure or the art of choice? Johann de Lange's translations of four poems by Wilma Stockenström and Allen Ginsberg's Howl
Tony Ullyatt
Skryn (Afrikaanse vertaling van Allen Ginsberg se Howl)
Johann de Lange
Register
Daniel Hugo
Erika Terblanche
Antjie Krog
Joan Hambidge
Neil Cochrane
Tanja Botha
Christo van der Westhuizen
Bernard Odendaal
Francois Smith
Tony Ullyatt
Johann de Lange