Hierdie publikasie is die dertiende in die reeks aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, waarin hulde gebring word aan skrywers en digters wat met die Hertzogprys bekroon is en wat deur dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hul werk verryk het. Hoewel die Hertzogprys met sy lang tradisie van meer as ʼn eeu binne die bestel van literêre pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan ʼn besondere prestigewaarde en is dit steeds die vlagskipprys in die Afrikaanse literêre wêreld. Publikasies oor Adam Small, P.G. du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach, Johann de Lange, Reza de Wet, N.P. van Wyk Louw, Anna M. Louw, Elsa Joubert, Bartho Smit, Petra Müller en Etienne Leroux het reeds in die reeks verskyn.
Voorwoord
Marius Crous
Marlene van Niekerk (1954–)
Erika Terblanche
"Of course, into English": exploring the language politics of translating Marlene van Niekerk's Triomf, Agaat and Memorandum
Reinhardt Fourie
Van Sprokkelster tot Kaar: die ontwikkelingsgang van ekologiese bewussyn in Marlene van Niekerk se poësie
Dewald Koen
Die spanning tussen "om 'skoonheid' te gedenk" en "om ʼn rekord na te laat": gedagtes rondom Marlene van Niekerk se poëtika
Janien Linde
Kos, drank, konstipasie en "kakhuise vol kuns": vroegmoderne kennismetafore in die prosa-oeuvre van Marlene van Niekerk
Sonja Loots
Thinking of the threshold: the endless quest/ion of Triomf, Agaat and Memorandum
Jean Rossmann
ʼn Strukturalistiese en poststrukturalistiese analise van liminale toestande en transformasies in Memorandum: ʼn verhaal met skilderye
Alwyn Roux
"Geen ruimte meer": die universiteit in die kortkuns van Marlene van Niekerk
Luan Staphorst
Oor letterkundiges en tegnici: kroniek van ʼn vertaalavontuur
Marius Swart
Aptytlike Afrikaans: ʼn ondersoek na die waarde van die kulinêre in Marlene van Niekerk se oeuvre
Metha-Miré Viljoen
Medewerkers
Register