Maak gebruik van 'n elektroniese fondsoorplasing indien u 'n pasgemaakte bedrag wil skenk.
BANKBESONDERHEDE
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
ABSA Brooklyn (takkode 632005)
Tjekrek.nr: 610810004
Gebruik asb jou #SkenkingJouVan as verwysing vir die betaling.
-

Redakteur:
Jaar:
Temple Hauptfleisch & Marisa Keuris
2023
Bartho Smit het sedert sy debuut in 1951 slegs agt dramas geskryf. Ná ses vorige nominasies is die Hertzogprys uiteindelik in 1978 aan hom toegeken vir sy hele oeuvre. In hierdie bundel ondersoek kundiges in die literêre en dramawêreld die invloed wat hy gehad het op die Suid-Afrikaanse teater, onder meer sy bydrae as mentor en katalisator tot vernuwing onder sy tydgenote en dié wat sou volg. Benewens sy rol in die pers en uitgewerswese was hy ook ʼn innoverende regisseur, vertaler, teoretikus en kulturele aktivis wat vorm gegee het aan ʼn nuwe denkrigting. Maar in sy drif tot eksperimentering, vernuwing en relevansie was hy soms ook ʼn slagoffer van sy eie waagmoed en van die stelsel, en moes hy dikwels sien hoe sy stukke op die nippertjie van die verhoog gevee word.
Sy worsteling met die sedes en gebruike van sy leeftyd, asook die konfrontasies met vele verkrampte hekwagters, vyandige politici en die regering se formidabele sensuurwetgewing is deur baie kritici as die "Barthofenomeen" in ons teater geëtiketteer.
Hierdie publikasie is die tiende in die reeks, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat hulde bring aan literêre kunstenaars wat met die Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hul werk verryk het. Hoewel die Hertzogprys met sy lang tradisie van meer as ʼn eeu binne die bestel van literêre pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan ʼn besondere prestigewaarde en is dit steeds ʼn vlagskipprys in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld. Publikasies oor Adam Small, P.G. du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach, Johann de Lange, Reza de Wet, N.P. van Wyk Louw, Anna M. Louw en Elsa Joubert het reeds in dié reeks verskyn.
Temple Hauptfleisch & Marisa Keuris
Bartho Smit: ʼn biografiese skets
Erika Terblanche
ʼn Slingergang tussen triomf en tragedie
Paul Boekkooi
Saam op die rondomtalie: Bartho Smit en Breyten Breytenbach
Francis Galloway
Van Parys na Pretoria: Bartho Smit se dramavertalings in Frans
Naòmi Morgan
"Was dit nie vir vertaalde werke nie": ʼn simptomatiese lees van Bartho Smit se Die besoek van die ou dame
Paula Fourie
ʼn Terugblik op Die verminktes: "blackfacing" en die letsels van die verlede
Marisa Keuris
Die man met ʼn lyk om sy nek: van moordkomedie tot nagmerrie
Mariëtte van Graan
Twee dramaturge in gesprek: Bartho Smit en Reza de Wet
Danie Stander
Bibliografie
Miriam Terblanche
Register
Medewerkers
Temple Hauptfleisch
Marisa Keuris
Erika Terblanche
Paul Boekkooi
Francis Galloway
Naòmi Morgan
Paula Fourie
Mariëtte van Graan
Danie Stander
Miriam Terblanche
Laetitia Pople
Netwerk24, 2023-08-07

Welkom by die SA Akademie se nuwe webtuiste. Neem asseblief die vrymoedigheid om enige kommentaar of foute onder ons aandag te bring.
Kommentaar